Vrydag 10 April 2015

Vraag en Antwoord: Getallestelsels

Is daar enige vrae wat ek kan beantwoord oor iets wat handel oor getallestelsels. Dis nou Natuurlike getalle, Telgetalle, Heelgetalle, Rasionale getalle, Irrasionale getalle, Reële getalle en nie-reële getalle. Asook Priemgetalle, ewe getalle, onewe getalle en deelbare- of saamgestelde getalle, wat val onder natuurlike getalle. Post 'n comment hier onder...

Saterdag 14 Maart 2015

Sterkte met die eksamen wat voorlê...

Onthou om goed te kan doen in Wiskunde moet jy genoeg oefening in kry. Werk deur alle moontlike oefeninge.

Interessante webtuiste bied oulike hulp

Hierdie webtuiste het oulike verduidelikings, asook speletjies op. Dit is nou wel in Engels, so vra maar as daar 'n woord is wat ek moet vertaal.

Math is fun

Vrydag 02 Januarie 2015

Verwelkoming

Hierdie is 'n geleentheid om enige leerder te help met wiskunde probleme. Vir eers gaan dit 'n eksperiment wees om te kyk of dit wel gaan werk deur probleme op die blog te verduidelik. Wiskunde is nie so moeilik soos wat almal dink nie. Daar is 'n wanbegrip onder meeste mense dat wiskunde slegs vir slim mense is. Ongelukkig is 'n sekere persentasie leerders bietjie lui, Wiskunde is 'n "oefen" vak. Hoe meer oefening jy inkry (met die regte metodes, ens) hoe meer gaan jy verstaan. As jy baie sukkel kry 'n witbord tuis en probeer iemand verduidelik. The best way to learn is to teach.